Media verklaring vanaf Kampi.co.za
Kampi.co.za, Suid Afrika se eerste persoon tot persoon kampverhurings platform bied 'n unieke geleentheid vir
entrepreneurs.
Kampi.co.za maak dit maklik en veilig vir kampvoertuig eienaars om hul woonwaens, 4x4 treilers,
motorwoonwaens en 4x4 voertuie uit te verhuur. In hierdie mark is die aanvraag baie sterker as die
beskikbaarheid van voertuie.
Duisende kampers het karavane wat hulle nou kan inspan as 'n ware bate wat geld in hul sak kan plaas. Instede
daarvan dat die kampvoertuig 'n onderbenutte luuksheid is, kan eienaars nou tussen R300-R600 per R100 000
van die voertuig se waarde per dag verdien. Huidige aanbiedinge op die webwerf strek vanaf R250 per dag tot
net duskant R2500 per dag. Ooreenstemmend met vakansie huise, kan die uithuur van 'n woonwa die jaarlkse
instandhoudings onkostes dek, en selfs vir opkomende vakansies betaal.
Kampi.co.za los twee huidige probleme op.
Een: 'n Veilige inkomste geleentheid vir woonwa eienaars.
Baie Suid-Afrikaners gaan gebuk onder ekstra finansiële druk as gevolg van die onophoudende komplikasies wat
die Covid-19 pandemie veroorsaak. Soos te sien regoor sosiale media is daar baie mense wat opsoek is na nuwe
bronne van inkomste. Party sal deurloop onder slenters, terwyl ander waarskynlik groot bedrae geld sal opdok vir
'n nuwe besigheid, net om dan te stoei om hul belegging te verhaal. Die redes hiervoor is onder andere, 'n
gebrek aan ondersteuning, betreding van versadigde markte, en onrealistiese verwagtinge.
Sonder dat hul dit besef staan die oplossing vir hierdie probleem dalk ongebruik in hul erf vir omtrent 45 of meer
weke per jaar.
Twee: Kampi.co.za verskaf 'n platform waar beide eienaars en huurders met gemoedsrus kan handel in die wete
dat albei partye geverifieër en gekeur is.
“Na talle verlengde grendeltydperke het Suid-Afrikaners die waarde van 'n buitelewe-leefstyl weer besef. Hulle is
nou meer opgewek en lus vir kamp as ooit tevore.” sê Jean-Pierre Voogt, die besturende direkteur van
Kampi.co.za.
Uit Google se tendense hulpmiddel, bekend as Google Trends, is daar beduidende opwaartse belangstelling vir
karavaan huur oor die laaste 12 maande.
By Kampi.co.za kan gebruikers soek volgens area, volgens reisdatums, volgens kamper tipe en self volgens
bestuurslisensie tipe. Bestuurders wie hul lisensies na 1999 verwerf het moes apart aansoek doen vir die EB tipe
lisensie. Die B tipe lisensie verhoed hul om enige voertuig te sleep met 'n “TARE” gewig oor 750 kg.
Vakansiegangers wat voorheen bespreek het deur platforms soos bv. Airbnb, sal dadelik vertroud wees met die
kragtige kaart-soek funksie. Dit dui pryse asook areas van besklikbare verhurings aan.
Kampi.co.za het onstaan rondom die braaivleisvuur van Jean-Pierre Voogt en Darrell Strydom, albei gretige
reisigers van Pretoria. Die twee entrepreneurs het die massiewe geleentheid in die blits-groeiende
kampverhuringsmark ondersoek om vas te stel hoe hulle gaan deelneem. Eerste gedagtes het gesentreer rondom
die aankoop en uitverhuring van hul eie vloot luukse 4x4 kampwaens as 'n nuwe onderneming. Na daar besef is
hoe beperkend dit kan wees om 'n enkele vloot uit te verhuur het die idee begin uitbrei. Kampi.co.za is nou 'n
nasionale uitverhurings platform vir individue en bestaande verhuurders om woonwaens en ander kamp
voertuie euit te verhuur.
“Instede daarvan om 'n vloot kampwaens aan te koop, het ons besluit om eerder daardie fondse vir bemarking
en ontwikkelling van die platform aan te wend. Ons spandeer tans 'n beduidende bedrag regoor verskeie reklame
kanale, tradisioneel asook digitaal.
By Kampi.co.za hanteer ons eienaars soos koningklikes. Ons doen alles in ons vermoë om dit vir eienaars 'n
maklike en seepgladde proses te maak om 'n Kampreneur te word. Ons lei hul op elke tree van die reis. Die
sisteem is maklik om te gebruik, maar eienaars is welkom om van die ondersteunings diens gebruik te maak waar
hulle vinnig gehelp word d.m.v. 'n Oproep.” sê Darrell Strydom, die mede-stigter.
Alle verhurings is automaties, en ten volle verseker deur KingPrice. Na afloop van vele gesprekke met die
verskillende leiers in versekering, het KingPrice na vore getree en 'n produk spesifiek vir Kampi.co.za gebruikers
ontwikkel. Dit dek reise nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in alle buurlande. In Suid Afrika sluit die dekking
langs-die-pad-bystand in.
Hierdie dekking verskaf gemoedsrus aan eienaars om die eerste risiko vrye stap te neem met Kampi.co.za.
Natuurlik is alle verwagte kenmerke in plek. Om te lys is gratis, daars geen maandelikse fooie, net lae kommissies
en deeglike ondersteuning. Eienaars kan ook vinnige uitbetalings, en ID verifikasies verwag. Verder bied
Kampi.co.za aanpasbare kansellasie terme, blits besprekings opsies en sterk bemarking.
Bykomende aanbiedinge sluit in:
• KampiTrack, 'n nie-GSM opsporingstoestel met 'n battery leeftyd van tot en met 7 jaar. Kampitrack is
maklik om te installeer en te versteek aangesien daar nie enige bedrading is wat die toestel se
teenwoordigheid verklap nie. R1250 en 'n maandelikse intekenfooi van R89 en jou karavaan of boswa kan opgespoor word in Suid Afrika se grense
• Kampi Versekering, bekostigbare versekering vir avontuur-liefhebbers. Dis onderskryf deur 'n vooraanstaande
versekeraar.
Eienaars kan risiko-vry begin adverteer en verhuur met slegs 'n paar fotos en 'n kort beskrywing.
Nota aan redakteurs:
Uitgereik deur VIRA Marketing
Namens Kampi.co.za